Video wys glo hoe onnie lyfstraf toepas

Argieffoto

‘n Video wat by ‘n skool in die Oos-Kaap geneem is, wys glo hoe ‘n onderwyser ‘n graad 10-leerling slaan.

Die Dispatch Online het Woensdag berig die leerling en van haar klasmaats is met ʼn stok geslaan toe hulle nie hul wiskunde-huiswerk aan die onderwyser kon wys nie. Die voorval het glo op 8 Maart by Hoërskool Ndabankulu in Butterworth plaasgevind.

Die Dispatch Online berig die onderwyser het die leerling glo ook gevloek. Die meisie se ouers het die voorval by die skool aangemeld. Vuyani Thongo, die skool se hoof, het geweier om kommentaar oor die “sensitiewe saak” te lewer.

Loyiso Pulumani, ‘n woordvoerder vir die onderwysdepartement, het gesê lyfstraf is ‘n misdaad. Pulumani het die leerlinge se ouers aangeraai om die voorval by die polisie aan te meld.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bettie Slabbert ·

Het iemand al gedink aan wat die onderwysers deurmaak met ons onopgevoede jeug om nie eers van die ouers te praat wat geen respek het vir die leerkragte nie, waar is die dae toe onderwysers met respek behandel is.

Bettie Slabbert ·

Ja lyfstraf is n misdaad in vandag se tyd, daarom is dit na my mening geen wonder dat die ordentlike onderwysers die beroep verlaat. Waar is die dae toe n onderwyser met respek behandel is, vandag se jeug het soveel regte dat hulle onopgevoed bly. Dit rampspoedige gevolge vir ons land se toekoms. Dit sal goed wees as die ouers self net n week in n onderwyser se skoene kan staan, ek is amper doodseker dan sal hulle self roede in le.

Willie ·

Saam met regte kom pligte. Almal spring op hulle regte maar nie op hulle pligte.
Dit is reg om nie pakslae te kry nie maar jy moet jou (Huiswerk)plig doen om dit te voorkom.

Almal het die reg tot basiese dienste maar dit is jou plig om te stem vir die party wat dit sal lewer en nie net daar oor praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.