Video: Yolande Korkie doen finale beroep vir haar man se vrylating

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Yolande Korkie, die vrou van ʼn Suid-Afrikaanse man wat deur Al-Kaida in Jemen aangehou word, het ʼn finale beroep gedoen vir haar man se vrylating.

In die video wat deur die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers beskikbaar gestel is, sit Yolande saam met haar seun en dogter en smeek sy die ontvoerders om haar man, Pierre, vry te laat. “Pierre is ʼn onskuldige en eerlike persoon wat die belange van die armes gedien het deur sy onderrig. Ek en my twee kinders mis hom verskriklik, hy was net ʼn gewone man van Suid-Afrika.Ek wil dit duidelik maak dat die Suid-Afrikaanse regering nie enige losprysgeld betaal het nie en dat Anas [Aal-Hamati] van Gift of the Givers nie enige geld ontvang het nie.” Yolande sê haar man is ernstig siek en sal nie in aanhouding oorleef nie. Dit is reeds 11 dae sedert die laaste gesprekke met die ontvoerders en die familie het slegs sowat 48uur voor die spertyd vir die losprys se betaling.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

Sy pleit vir haar man se lewe. Die mense wat hom aanhou is Moslems. In hul kultuur en geloof is dit n sonde en disrespekvol vir n vrou om met n ontblote hoof in die publiek te verskyn.

Eben ·

Dus is sy skaam vir haar eie geloof?

Nie te min hoop vir die vinnige en spoedige terugkeer van haar man!

Jerris Hamann ·

Ek dink dis uit respek vir die ontvoerders se geloof….

Melani ·

Ek dink as mens in so situasie is sal jy enige iets doen om jou man se lewe te red. Onthou sy het so geleef terwyl hulle daar skoolgehou en gebly het. Sy moet nou maar voort gaan en hulle gatte lek. Ek kry hulle bitter jammer, maar ek wil ook sê moet nooit ‘n moslem vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.