Video: Ysige weerstoestande in Switserland

Temperature in Switserland het Sondagaand in die oostelike Graubuenden-kanton tot minus 35.1°Celsius gedaal, het die weeragentskap MeteoSwiss gesê, die laagste syfer tot dusver dié jaar.

Die ysige toestande is in Samedan, ʼn Alpiese streek waar wintersportoorde soos St. Moritz, Pontresina en Sils-Maria geleë is, ervaar. In die weste is minus 27.6 grade aangeteken in La Brevine in die Neuchatel-kanton. La Brevine hou steeds die rekord van die koudste plek in Switserland waar minus 41.8 grade in 1987 aangeteken is. Die temperatuur was Maandagoggend in Geneva minus 10° Celsius.

Kyk hier na ‘n video van ‘n persoon wat op 30 Januarie 2012 deur Switserland gery het. Die video is deur die gebruiker m16uzi op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.