Video: Zach se lied bereik miljoene voor sy dood

Zach Sobiech

Twee video’s volg onderaan die berig. Zach Sobiech van Lakeland, Minnesota, het ʼn paar dae ná sy 18e verjaarsdag die stryd teen kanker verloor, maar nie voordat sy liedjie, Clouds, miljoene kykers se lewe aangeraak en verander het nie.

“Jy hoef nie uit te vind dat jy besig is om dood te gaan om te begin leef nie,” het Zach gesê. Zach was 14 jaar oud toe hy gediagnoseer is met osteosarkoom, ʼn beenkanker wat hoofsaaklik kinders aantas. Tydens sy behandeling het hy meer as 10 operasies ondergaan en 20 rondes chemoterapie. Hy het ná sy diagnose musiek begin komponeer, en het later die groep “A firm handshake” saam sy vriende, Samantha Brown en Reed Redmond, gestig.

In Mei 2012 het dokters hom ingelig dat hy hoogstens een jaar oor het om te leef. Zach het die liedjie “Clouds” oor sy stryd teen kanker opgeneem en dit in Desember 2012 op YouTube vrygestel. Dié video is tans meer as 6 miljoen keer gekyk.

Rainn Wilson het op sy YouTube-kanaal, SoulPancake, ʼn dokumentêr oor Zach publiseer as deel van die realiteitsreeks, My Last Days. Dié video, wat reeds meer as 8 miljoen keer gekyk is, volg onderaan die Clouds-musiekvideo.

Zach se familie het ook die Zach Sobiech Osteosarcoma Fund by die Children’s Cancer Research Fund gestig.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nedine Blom ·

Reuse insipasie vir my persoonlik. Wat hy agtergelaat het is soveel groter as wat enige kanker ooit kan wees. Hy het gekies om te inspireer selfs na sy dood ipv om stil stil op sy eie te ly. God bless u Zach!! Even after youre gone, you inspire millions of people who are going through the same pain. x

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.