Video: Zimbabwe-groep vra boikot Nando’s ná advertensie

ʼn Militante jeuggroep wat lojaal is aan Zimbabwe se president Robert Mugabe het gevra dat die Suid-Afrikaanse kitskosgroep Nando’s geboikot word na ʼn advertensie waarin Mugabe uitgebeeld word as “die laaste oorblywende diktator”.

Die staatsbeheerde radio het Dinsdag berig dat die groep Chipangano ʼn beroep gedoen het op Nando’s om die advertensie te onttrek of hulle sal “gestraf” word. Nando’s in Zimbabwe het intussen gesê hy is nie bewus van die advertensieveldtog nie en dat hy onafhanklik is van die Suid-Afrikaanse groep. Die advertensie kan slegs op die internet en deur DSTV-intekenare in Zimbabwe gesien word. Dit is ʼn oortreding in Zimbabwe om Mugabe te beledig of die gesag van sy kantoor te ondermyn.

http://youtu.be/u1EX–vdxh4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.