Video: Zuma-advertensie wat jy glo nie mag sien nie

Die SAUK het ‘n vis-en-skyfie-advertensie wat president Jacob Zuma en sy gesin uitbeeld, verbied.

Die advertensie was geskeduleer om van Maandagaand tot Februarie uitgesaai te word, maar dit is twee ure voor beeldsending gekanselleer, het The Star berig. Die tekenprentadvertensie begin met die woorde “Dinner time at Nkandla” (Aandete by Nkandla) wat bo-oor ‘n prent van ‘n herehuis geskryf staan. Die volgende raampie is binne die huis. ‘n Vrou, aan die een kant van ‘n lang etenstafel vol kinders en verskeie vroue aan beide kante, sê in isiZulu: “O Zuzulicious, eet ons vanaand vis en skyfies van Shabba?”

Die groot gesin geniet die vis en skyfies vir aandete.

‘n Getekende Zuma reageer: “Eet gerus alles, hier is baie goeie kos Dit is van die Fish and Chip Company. Daar is baie van julle in hierdie huis, maar teen slegs R25 sal selfs Pravin dit goedkeur.”

Volgens Paul Warner, die kreatiewe direkteur by MetropolitanRepublic-groep, die agentskap wat die advertensie vervaardig het, is hulle meegedeel dat die advertensie verbied is omdat dit glo “’n vernedering vir die president” is. “Hulle het gesê ons [SAUK]-base het die besluit gemaak om dit nie uit te saai nie,” het Warner gesê. Warner het glo aan die koerant gesê daar is niks verkeerd met die advertensie nie, hy begryp nie hoe dit op die basis van aanstootlikheid onttrek kan word indien niemand daaroor gekla het nie.

Carlo Gonzaga, die hoof uitvoerende beampte van Taste Holding, die houermaatskappy van Fish and Chip Company, het gesê dit is “verstommend” dat die SAUK ‘n eensydige besluit namens die publiek kon neem. “Ek dink dit is verwaand,” het Gonzaga gesê.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, het gesê hy is nie bewus van die advertensie of enige beampte wat ‘n opdrag gegee het dat ‘n advertensie nie uitgesaai mag word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Joe ·

Kanni wag vir Sealy Postrupedic om hulle matrasse te adverteer…… In Nkandla gaan hlleseker nog hulle beddens op baksteene sit om die Tokkelos te vermy?

De Kleine Burgerman ·

Ja, dis verstaanbaar dat ‘n vis en chips advertensie ‘n vernedering kan wees vir die man. Om ‘n skelm, korrupte ongeskoolde president van ‘n bankrotland te wees is nie ‘n vernedering vir hom nie. Hy en sy vele wywe en tientalle leegleer rapallie is ‘n vernedering vir elke hardwerkende belastingbetalende burger van die piesangrepubliek waar hy “heers”. Viva Afrika, viva!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.