Video’s: Airlink-vliegtuig doen noodlanding op OR Tambo

ʼn Airlink-vliegtuig moes Donderdagaand ʼn noodlanding doen op die O.R. Tambo Internasionale lughawe nadat die vliegtuig se voorwiel nie wou uitkom nie.

Vlug SA8739, met 72 passasiers aan boord, was van Johannesburg na Pietermaritzburg onderweg. ʼn Woordvoerder van Airlink, Karin Murray, sê volgens prosedure het die vlieënier die vliegtuig teruggedraai na OR Tambo lughawe toe hy agtergekom het iets is fout. Sy sê die nodige brandstof is gebrand voor die noodlanding uitgevoer is. Niemand is tydens die noodlanding beseer nie. Volgens berigte is daar skuim op die aanloopbaan gespuit voor die vliegtuig die noodlanding uitgevoer het. Daar het glo rook by die stuurkajuit uitgeborrel terwyl seil-glybane laat saak is sodat passasiers die vliegtuig deur die nooddeure kon verlaat. Die uitvoerende hoof van Airlink, Rodger Roster, sê die maatskappy sal alternatiewe reisplanne vir die passasiers tref.

Die gebruiker alechogg1 het die video’s op Youtube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.