Video’s en foto’s: Skietvoorval buite Empire State-gebou

Twee mense is dood en ten minste agt gewond na ‘n skiet-voorval Vrydag buite die Empire State-gebou in New York.

Toeriste en reisigers het geskok die toneel buite dié bekende gebou aanskou. Een van die persone wat gesterf het, was glo die skieter, het ‘n woordvoerder van die polisie in New York gesê. “Die voorval word nie aan terrorisme verbind nie,” het die bron bygevoeg.

Een van die slagoffers is buite onder ‘n wit laken toegegooi, maar die polisie wou nie bevestig of dit die skieter was nie, berig NDTV. Die aanvaller, wat glo daar naby gewerk het, was glo ‘n ontevrede werknemer. Die aard van sy ontevredenheid is nog nie bekend nie.

“Ek het skote gehoor. Pop, pop, pop. Daar was ‘n hele aantal skote,” het Dahlia Aniter (33), wat in ‘n kantoor naby die 102-verdieping werk, gesê. Die skietvoorval het net ná 09:00 (14:00 Suid-Afrikaanse tyd) op die besige sypaadjie in Fifth Avenue, Manhattan, plaasgevind.

WAARSKUWING: Een van die foto’s is grafies en mag sensitiewe kykers ontstel.
Die video’s volg ná die foto’s.

[nggallery id=66]


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.