Laeveld-vloede veroorsaak chaos

Die foto van ‘n pad buite Hoedpsruit is deur Tom van der Meulen geneem.

Die Suid-Afrikaanse ­Nasionale Parke-owerheid (SANparke) het laat Woensdagaand ʼn nuwe waarskuwing uitgereik oor vloede in die Krugerwildtuin.

SANparke sê in die verklaring dat die volgende ingangshekke tot verdere kennisgewing gesluit sal wees: Phabeni, Paul Kruger, Krokodilbrug, Giriyondo-grenspos, Malelane na Skukuza , Phalaborwa gate na Mopani, Letaba na Mopani, Olifants na Satara, Laer Sabie na Skukuza en Krokodilbrug na Laer Sabie. SANparke het mense gevra om steeds laagwaterbrûe en grondpaaie te vermy. Talle kampe is intussen ook ontoeganklik. Dit sluit in Skukuza, Laer Sabie, Krokodilbrug, Biyamiti, Talamati, Olifants, Satara, Balule, Bateleur, Shimuweni, Sirheni, Imbali, Tamboti, Tshokwan-piekniekarea. SANparke sê talle mense is reeds met behulp van die weermag uit die Krugerwildtuin ontruim.

Intussen word daar berig dat honderde mense reeds uit die vloedgeteisterde Hoedspruit-omgewing gered is. Die lugmag, polisie en nooddienste het met die reddingsoperasie bygestaan. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weerdiens sê die swaar reën is as gevolg van die tropiese drukstelsel Dando. ʼn Weervoorspeller William Msimanga sê oor die afgelope 48 uur het daar 109mm reën rondom Mbombela geval, 139mm rondom Skukuza en 270,9mm rondom Hoedspruit. Sowat 170mm het die afgelope 24uur rondom Phalaborwa geval.

Vir foto’s van die vloede in die Krugerwildtuin en omgewing klik hier.

Is jy in die omgewing? Stuur vir ons jou storie en foto’s na [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.