Video’s: Potch-ouma se kleinkind word wêreldwyd bewonder

Amiro Willighagen

Amiro Willighagen

Die nuusberig en ʼn video van Amiro Willighagen se optrede volg onderaan die berig.

Die negejarige Amira Willighagen van Nederland se engelstem het onlangs die wêreld laat regop sit nadat sy aan die talentkompetisie Holland’s Got Talent deelgeneem het. Gevolglik is haar vertoning op YouTube gelaai en sy het vinnig ʼn internasionale sensasie geword. Haar video op YouTube is sedert 26 Oktober 2013 reeds meer as 8 miljoen keer gekyk (sien die YouTube-video van haar optrede heel onderaan die berig).

Duisende kilometer van Nederland, in ‘n aftreeoord op Potchefstroom, weerklink Amira se klokhelder stem gereeld in ouma Elsa Brand se woonstel.

Die eerste insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

http://youtu.be/VBMfgLvRZJs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaco ·

Wat het van Charlotte Church? Geword, was sy nie ook ‘n kindersensasie nie? Hierdie meisie is besonders, maar die vermaaklikheids wereld maak hulle baie keer vroeg ryp…..vroeg vrot.

Marian Nigrini-Vorster ·

Wonderlik om so ‘n talent te kan bewonder, gee nie om wie wat se. As die ouma knope gehad het was dit seker almal al af van trots ek weet myne sou. ‘n God gegewe talent.

Marian

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.