[Video’s] Raaisel oor buffelstormloop opgelos

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn buffelstormloop in die Krugerwildtuin waartydens ‘n motor van die pad af gedruk word, het kykers laat bespiegel wat die stormloop kon veroorsaak het.

‘n Tweede video het intussen aan die lig gekom wat wys wat tot die stormloop gelei het.

Die eerste video wys hoe ʼn trop buffels aanvanklik rustig oor die pad stap. Oomblikke later hardloop die trop vervaard terug oor die pad en stoot in die proses die motor van die pad af.

Die tweede video het intussen aan die lig gekom en wys dat die trop buffels deur twee leeus skrik op die lyf gejaag is. Volgens berigte het al die buffels egter die leeus se kloue vrygespring en is die mense in die motor glo ook ongedeerd.

Hierdie video wys die oorsaak van die stormloop. Die ander video volg onder die video.
[wpvideo pUz747DZ]

Die eerste video wys net die stormloop maar nie die oorsaak daarvan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

charlene ·

Shoe ek is baie bly die mense is ok, regtig waar buffel’tjies. Daai 2 kare het mooi stil gestaan tot julle heeltemal uit die pad was soos mense moet.
Ek hoop die mense in albei karre het nog steeds `n liefde vir diere en dat hulle nie te erg geraak is deur die nie. MAAR onthou dis nie die buffels se skuld nie

Karma ·

Joh!!!! Ek is net bly ék was nie in daai VW Polo nie, anders het hulle moeilikheid gehad om die sitplek weer skoon te kry!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.