Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk

'n Skermskoot uit die video wat deur Rapport op Youtube gelaai is.

‘n Skermskoot uit die video wat deur Rapport op Youtube gelaai is.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) gaan ondersoek instel na bewerings dat twee van die sogenaamde Waterkloof-vier ʼn partytjie met alkohol gehad en video’s daarvan gemaak het terwyl hulle in die tronk was, berig City Press en Rapport.

“Die departement beskou die bewerings van alkoholmisbruik in ʼn tronksel in baie ernstige lig,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die DKD, aan die koerante gesê. “Ons sal aksie neem indien ons die bewyse het en dan ʼn volledige ondersoek van stapel stuur.” Wolela sê alkohol en selfone word nie in tronke toegelaat nie. City Press en Rapport berig dat hulle ʼn kopie van ʼn video bekom het waar Frikkie du Preez en Christoff Becker glo ʼn partytjie hou en ʼn selfoon gebruik in ‘n sel by die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis in Pretoria. “Dis ʼn lekker naweek hier in die tronk,” word daar op een van die video’s gesê. Francois Lubbe, een van Becker se vriende, het aan die koerante bevestig dat Becker en Du Preez in die video drink. “Iemand het vir hulle alkohol in die tronk gegee. Seuns sal seuns wees. Christoff en Frikkie gee nie regtig om oor die video nie. Dit het in die tronk gebeur en affekteer nie hulle paroolvoorwaardes nie.”

Bekker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is Dinsdag op parool vrygelaat. Hulle is in 2008 tronk toe nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op ʼn hawelose man. – SAPA

Die video’s is deur Rapport op Youtube gelaai. Vir Rapport se artikel, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

boerevolk ·

Terug tronk toe met hulle. Moord bly moord en moordenaars hoort agter tralies. Wat is die doel dan van tronke. Lyk vir my na n vakansie oord deesdae. Hulle lewe te lekker op belasting betalers se gelde.

Babs ·

Christoff Becker moet wakker skrik. Hy is nie ‘n held nie. Lyk my sy kop het te veel geswel in die tronk. Raak nederig seunie.

Richard ·

Ek weet nie waarom die DCS nou ‘n helse bohaai wil opskop oor die video’s nie! Die hele DCS is korrupt! Die bewaarders smokkel self die selfone in dan verkoop hulle die fone aan ons, as ons nie kan betaal nie word ons gefisenteer en 20-30 dae in isolation geplaas! Hulle hou family days waar hulle ons family uitroei met die verkoop van koeldranke en braai pakke! Groenpunt tronk is so korrupt, ons kry nie ons rehap programme nie, dis wie jy ken in die tronk, vir wie jy buk! Majority rule! DCS is die korrupte spul! Money talks in prison. Tronk is hell maar as jy geld het kan jy soos ‘n koning lewe!

Dirk Grobler ·

Ekt nu die video gan kyk op YouTube
,en vir my lyn dit eerder na n koshuis kamer as wat dit na n tronksel lyk. n rekenaar,ketel,yskas ens. wat het word van net n bed,wasbak en toilet binne-in n tronksel. jinne mar dinge lyk my gan beter in ons tronke as wat dit by ons huise gan. ag nee man,die hele storie maak my siek

Christo Claassen ·

Nadat ek verskeiekere na die video gekyk het merk ek op dat die drank op die reekenaar vertoon word en nie in die sel self nie. Dit is duidelik op ‘n ander plek geneem. Dit wat hulle doen is nie reg nie en ek stem saam die een mannetjie is baie arrogant. Dit is duidelik dat die vrylating op parool hulle baie opgewonde gemaak het en dit is verstanne. Ek was self in die DKD as beampte, dit is waar dat die beamptes met die gevangenes smokkel daar van kan ek baie getuig het self van hulle aan die pen laat ry. Dit help nie dat daar net ‘n handjie vol is wat reg en geregtigheid wil laat geskiet nie, want dit is jammer om te se dat tot die hoofde korrup is hulle is baie keer die wat die meeste omkoop geld ontvang. Hulle het dit gedoen voor 1994 en sal nie stop nie want hulle sit nou in die top posisies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.