Vier beroof Menlyn-juwelierswinkel

Argieffoto

Menlyn Park-winkelsentrum. Argieffoto.

Vier rowers het Donderdag die Arthur Kaplan-juwelierswinkel in die Menlyn Park-winkelsentrum in die ooste van Pretoria beroof.

Volgens ao. Marinda Swanepoel, ʼn polisiewoordvoerder, het die mans omstreeks 07:00 deur ʼn afleweringsarea toegang tot die sentrum bekom.

“Die rowers was gewapen en het klapmusse aangehad. Hulle het diefwering gebreek om toegang tot die winkel te bekom waar hulle twee werkers oorval het terwyl hulle besig was om voorraad te tel,” het Swanepoel gesê.

Die twee werkers se hande is met kabelbandjies vasgebind, waarna die rowers horlosies en ander juweliersware gesteel en gevlug het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die twee werkers is ongedeerd en niemand anders is in die voorval beseer nie, aangesien die sentrum nog nie oop was vir die publiek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

A-A-A – my gunsteling kuier-plekkie.

Sekuriteitsmaatreëls moes lankal opgeskerp gewees het – dit is nie die eerste rooftog by ‘n juwelierswinkel in Menlyn nie.

Hoe kom die rowers so gemaklik uit die sentrum ? Of word hulle gehelp om vrylik uit te beweeg ?

Jammer, maar ek vertrou net mooi niemand.

AmY ·

Wil ek ook weet Trippie. Alles is deesdae ‘n inside job. Die wagte gaan ook hulle deel van die buit kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.