Vier beseer in ambulans-ongeluk

Vier mense wat in ʼn ambulans vervoer is, is Dinsdag beseer nadat die ambulans in ʼn ongeluk betrokke was.

“Die ambulans was besig om ʼn pasiënt na ʼn hospitaal in Lady Frere te vervoer toe die ongeluk plaasgevind het,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê. “Die bestuurder, die pasiënt en ʼn familielid asook ʼn mediese assistent is in die ongeluk beseer,” het Kupelo bygevoeg. Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.