Vier mense wat in ʼn ambulans vervoer is, is Dinsdag beseer nadat die ambulans in ʼn ongeluk betrokke was.
“Die ambulans was besig om ʼn pasiënt na ʼn hospitaal in Lady Frere te vervoer toe die ongeluk plaasgevind het,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê. “Die bestuurder, die pasiënt en ʼn familielid asook ʼn mediese assistent is in die ongeluk beseer,” het Kupelo bygevoeg. Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.