Vier beseer na lugballon kragdrade tref

Vier mense is Saterdagoggend beseer, waaronder twee kritiek, toe ʼn warmlugballon kragdrade getref en neergestort het by Nooitgedacht buite Stellenbosch.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die warmlugballon het glo vroeër vanoggend van Joostenbergvlakte opgestyg. Hy sê terwyl die lugballon oor Nooitgedacht wynplaas gevaar het, het daar glo ʼn sterk wind opgekom en die ballon teen kragdrade vasgedruk. Wicks sê volgens ooggetuies het die mandjie na grond geval. Vier van die ses insittend is beseer waaronder twee ernstig. ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn private hospitaal in Stellenbosch geneem vir behandeling. Wicks sê die ander beseerdes is per ambulans na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.