Vier beseer na trein in rivier beland

Foto: Netcare911

Vier mense is Dinsdagoggend beseer na ʼn goederetrein in die Amanzimtoti-rivier naby Durban, KwaZulu-Natal beland het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die rivier vloei sterk en dat dit tot gevolg gehad het dat die grond onder die treinspoor meegegee het. Botha sê die trein het ontspoor en in die rivier beland. Hy sê vier personeellede wat op die trein was is beseer. “Nadat hulle op die toneel gestabiliseer is, het paramedici hulle na die Netcare Kingsway-hospitaal vervoer vir die sorg wat hulle benodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.