Vier beseer ná warmlugballon ontplof

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense is beseer nadat ‘n warmlugballon ná landing in Kalifornië, Amerika, ontplof het.

“Daar was vyf mense in die lugballon toe dit Saterdag geland het,” het die brandweer in Riverside County gesê. Die name en besonderhede van die beseerdes is nog nie bekend gemaak nie. Een van die persone het ernstige brandwonde opgedoen, twee is ernstig beseer. Die vierde persoon het geringe beserings opgedoen en ‘n vyfde het ongedeerd van die ongeluk weggestap. Die pasiënte is na nabygeleë hospitale geneem.

Fire officials say one person was severely burned. Two others had serious injuries, one had minor injuries and one person walked away safely

Die Raad van Nasionale Vervoer sal die voorval ondersoek.

Dié wynlandgebied, minder as 100 km noord van San Diego, is gewoonlik volop warmlugbalonne oor naweke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.