Vier dood, 11 beseer in KZN-ongeluk

Foto: Netcare911

Vier mense is Saterdagaand dood en 11 ernstig beseer nadat ʼn bakkie omgeslaan het op die R61 naby St. Michaels, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die bakkie het omstreeks 20:00 Saterdagaand in die rigting van Margate gery toe die bestuurder glo beheer verloor het en die bakkie omgeslaan en verskeie kere gerol het. Botha sê die bakkie het 15 passasiers vervoer. Hy sê die wrak van die bakkie het sowat 200m verder tot stilstand gekom en verskeie passasiers is van die bakkie geslinger. Vier mense is op die toneel dood verklaar. Botha sê die beseerdes is na die provinsiale hospitaal in Port Shepstone geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.