Vier dood, 12 beseer in gru-ongeluk

Foto: ER24

Vier mense is Saterdagmiddag dood en 12 beseer na ʼn gru-ongeluk op die R555 naby Sundra, Mpumalanga.

ER24 sê in ʼn verklaring dat ʼn motor teen ʼn taxi gebots het en dat die drie mans wat in die motor gery het op die toneel dood verklaar is. Die mans se liggame moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Een van die insittendes in die taxi is ook op die toneel dood verklaar. Die 12 ander insittendes van die taxi is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.