Vier dood, drie ernstig beseer in Cullinan-ongeluk

Vier mense is dood en drie ernstig beseer in ʼn ongeluk Saterdagoggend naby Cullinan, oos van Pretoria.

ʼn Woordvoerder van die Tshwane metropolisie, Charmain Louwrens, sê ʼn bakkie se wiel het gebars op die R513 op pad na Cullinan. “Die bestuurder het beheer verloor. Vier mense is op die toneel dood verklaar en drie is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal vervoer.” Louwrens sê die bestuurder van die bakkie is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Sy sê die R513 van Mamelodi na Cullinan is gesluit vir opruimingswerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.