Vier dood in botsing

Vier mense is Sondagaand dood nadat ʼn afleweringsvoertuig en ʼn motor reg van voor gebots het op die N8 naby Botshabelo in die Vrystaat.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê vier mense is op die toneel dood verklaar terwyl drie mense kritiek beseer is. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Seg Net ·

Baie tragies en meegvoel aan die naasbestaandes.
Dit is egter so dat elke keer as jy in ‘n voertuig klim en ry, jy ‘n berekende risiko vat om in ‘n ongeluk betrokke te raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.