Vier mense is dood nadat ʼn helikopter Dinsdag tussen Nelspruit en Lydenburg neergestort het.
“Al vier mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en sal deur Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid ondersoek word.
Die vlieënier is uitgeken as Nick Meer. Hy is die eienaar van die helikopter en uitvoerende hoof van Lion Sands in Sabi Sands. Sy naasbestaandes is reeds in kennis gestel. Die identiteit van die ander drie passasiers word nog weerhou.