Vier dood in helikopter-ongeluk

Argieffoto: Netcare 911

Vier mense is dood nadat ʼn helikopter Dinsdag tussen Nelspruit en Lydenburg neergestort het.

“Al vier mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en sal deur Suid-Afrikaanse Burger­like Lugvaartowerheid ondersoek word.

Die vlieënier is uitgeken as Nick Meer. Hy is die eienaar van die helikopter en uitvoerende hoof van Lion Sands in Sabi Sands. Sy naasbestaandes is reeds in kennis gestel. Die identiteit van die ander drie passasiers word nog weerhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.