Vier dood, talle beseer na trein ontspoor

JonMaggioMinstens vier mense is dood en talle beseer nadat ʼn passasierstrein in New York ontspoor het.

Volgens berigte is minstens 67 mense beseer waaronder 11 kritiek. The New York Post berig sewe treinwaens noord van Manhattan langs die Hudson-rivier ontspoor het. Daar is aanvanklik berig dat van die treinwaens in die rivier geval het. Foto’s van die toneel wys egter dat van die waens net naby aan die rivier lê. ʼn Passasier het aan die New York Post gesê dat dit gevoel het of die trein vinniger as gewoonlik beweeg het. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.