Vier dood toe bus vir bok uitswaai

Vier mense is Donderdagoggend in ‘n busongeluk buite Bloemfontein dood.

“Veertien ander passasiers, insluitend die busbestuurder, het verskeie beserings opgedoen en hulle is almal op die toneel behandel,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. “Die pasiënte is na Pelonimi-hospitaal en Mediclinic Bloemfontein geneem vir verdere behandeling.” Die ongeluk het sowat 6km buite Bloemfontein op die N1 plaasgevind. Die 50-sitplek bus het gerol. Die bestuurder van die bus het glo vir ‘n bok uitgeswaai toe die ongeluk gebeur het. Die bus was van Johannesburg na die Oos-Kaap onderweg.

‘n Verteenwoordiger van die busmaatskappy het by die toneel aangekom en die passasiers se bagasie versamel om dit aan pasiënte te oorhandig sodra hulle uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.