Vier gesinslede verkool

Argieffoto

Die polisie gaan ʼn geregtelike doodsondersoek uitvoer nadat vier gesinslede Donderdagaand in Noordwes onherkenbaar verbrand het.

Volgens sers. Kelebogile Moiloa, ʼn polisiewoordvoerder, het die brand omstreeks 18:45 in ʼn huis in Majemantsho naby Mahikeng uitgebreek.

“Die familie het doodgebrand nadat ʼn brand in een van die huis se ses vertrekke uitgebreek het,” het Moiloa gesê. “Al vier liggame is in dieselfde kamer gevind. Dit is in die stadium nie bekend of hulle in die kamer geslaap of ontspan het, voor die brand onstaan het nie.”

Die name van die oorledenes is Masitinki Moeti (60), Ranneke Seitshiro (55), Mannuku Kgase (8) en Morapelo Moeti (2).

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.