Vier gevang vir kabeldiefstal

Drie mans en ʼn vrou is Woensdag in Acornhoek, Mpumalanga, in hegtenis geneem nadat aluminiumkabels wat by die Timbavati Trust gesteel is, in hulle besit gevind is.

“Die polisie het blitsig reageer op ʼn wenk dat ʼn vrou potte van aluminiumkabels vervaardig,” het lt.kol. Leonard Hlathi gesê. Die polisie het aluminiumkabels en 37 potte wat sy gemaak het, in haar besit gevind. Die waarde van die kabels beloop sowat R135 000. Die polisie het drie mans, tussen 23 en 31 jaar oud, en ʼn 46-jarige vrou in hegtenis geneem. Die vier sal Donderdag in die landdroshof in Acornhoek verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.