Vier glo met plofstof aangekeer in JHB

Vier mans is in Linden, Johannesburg, in hegtenis geneem vir die vermeende besit van plofstof en onwettige vuurwapens, het die polisie Sondag gesê.

Kapt. Pinky Tsinyane het gesê die mans, wat tussen 27 en 53 jaar oud is, is Vrydag naby ʼn winkelsentrum in hegtenis geneem. Tsinyane sê twee van die mans het in ʼn winkel ingegaan en die ander twee het in die motor gewag. Die polisie het opgemerk die motor het nie nommerplate nie en die voertuig deursoek. Hulle het die plofstof opgespoor en later twee ongelisensieerde vuurwapens aan die twee ander mans gevind. Die mans sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Randburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.