Vier in hof oor bejaarde susters se verkragting

Twee seuns, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, het Vrydag saam met twee beskuldigdes in die Kestell-landdroshof verskyn in verband met die verkragting van twee bejaarde vrouens.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak is tot 31 Julie uitgestel. Die ander twee beskuldigdes, onderskeidelik 21 en 22 jaar oud, is verlede maand borgtog geweier en bly in polisie aanhouding. Die seuns is in die sorg van hul ouers vrygelaat. Die vier word daarvan beskuldig dat hulle twee susters, onderskeidelik 69 en 73, verkrag het in hul huis in April vanjaar. Die verdagtes het glo by hulle huis ingebreek en geld en vuurwapens geëis. Die beskuldigdes het die susters glo verkrag nadat hulle gesê het hulle het nie geld of wapens nie. Die vrouens is in die hospitaal opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

glenn oosthuizen ·

Is die mensdom besig om laer en laer te daal. Dit is nie eers meer nuus as so n lae daad gepleeg word nie. Ons morele waardes is besig om terug te val na pre historiese gedrag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.