Vier in hof oor polisievangwa-bom

Vier mans het Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn in verband met die polisievangwa wat Maandag tydens ʼn mislukte ontsnappingspoging opgeblaas is.

Dan Mabone, Ephraim Moyo, James Motsiti en Raymond Moyo word aangekla van moord, poging tot moord, ontsnapping, besit van plofstof en opsetlike saakbeskadiging. Al vier mans het voor die voorval tereggestaan op aanklagte van roof.

Maroela Media het vroeër berig drie gevangenes is dood en 14 beseer tydens die voorval. Die vangwa het gevangenes van ʼn hof in Randburg terug na die Johannesburg Sentraal-gevangenis vervoer toe die ontploffing plaasgevind het. Die polisie ondersoek nog watter toestel of plofstof gebruik is en hoe dit in die vangwa beland het.

Die saak is tot volgende maand uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.