Vier in hof oor Richmond-plaasmoorde

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans het Woensdag in die Richmond-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn vir die moorde op Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) op hul plaas Springfield.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die saak is tot 12 Maart uitgestel wanneer die verdagtes om borg sal aansoek doen. Sy was nie onmiddellik in staat om die name van die verdagtes te verskaf nie. Die verdagtes staan elk tereg op drie aanklagte van moord, een van huisroof en een van roof met verswarende omstandighede. Die vier word daarvan beskuldig dat hulle die Schüttes vermoedelik met ʼn panga en klippe aangerand het waarna hulle glo hul liggame aan die brand gesteek het. -SAPA

Lees ook:
Verdagtes in hof vir Richmond-plaasmoorde
Polisiekommissaris “bly” oor arrestasies ná Richmond-plaasmoorde
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.