Vier in hof vir JHB-dosent se moord

Prof. Carl Mischke

Vier mans verskyn Maandag in die Johannesburgse landdroshof vir die moord op prof. Carl Mischke, ‘n voormalige dosent aan die Universiteit van Johannesburg.

“Twee sal verskyn op aanklag van moord en twee vir die besit van ‘n gesteelde voertuig,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die tweede verdagte is Saterdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Mischke.

“Die man is in Kempton Park aan die Oos-Rand van Johannesburg aangekeer,” het Dlamini gesê. “Die slagoffer se voertuig is Vrydag ook in Kempton Park opgespoor terwyl twee verdagtes dit gestroop het. Die mans is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig.”

‘n 29-jarige man is Donderdag in verband met die moord aangekeer.

Mischke is Maandag in sy huis in Norwood met ‘n skerp voorwerp doodgesteek.

Lees ook:
Tweede verdagte vas vir moord op JHB-dosent
Verdagte vas vir moord op JHB-dosent
Verdagtes steeds soek ná JHB-dosent se moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.