Vier jong mans sterf in skietery

Marcelino van Rooy (17), Jaydene Paul (17), Farodene van Niekerk (19) en Bradley Kaffers (21) is Maandag in die vroeë oggendure in Ravensmead, Wes-Kaap, doodgeskiet.

Volgens adjudant-offisier November Filander, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval in Geanuimlaan, Uitsig, plaasgevind. “Die polisie het ʼn klagte ontvang van ʼn skietery in ʼn houthuis in die omgewing. Die polisie het met hul aankoms al vier jong mans op die vloer van die houthuis aangetref. Hulle het almal kopwonde gehad. Drie van die slagoffers is op die toneel dood verklaar, die ander is onderweg na die hospitaal dood,” het Filander gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Dit is nog nie bekend wat die motief vir die moorde is nie. Volgens Filander kan daar nog nie gesê word of die voorval bende-verwant is nie. Die polisie ondersoek sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.