Vier kleuters doodgery

Argieffoto.

Vier kinders is Sondag dood nadat ʼn voertuig hulle in KwaZulu-Natal raakgery het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het vandag op die R102-pad in Inanda plaasgevind.

“Agt kinders het vir die een of ander rede in die middel van die pad gestaan toe die voertuig hulle getref het,” het Steinmann gesê.

“Ongelukkig is vier van die agt kinders op die toneel dood. Hulle was tussen die ouderdomme van drie en vyf jaar. Die ander vier kinders is ernstig beseer en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann bygevoeg.

Omstandighede rondom die tragedie is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mariaan ·

Ai dis hartseer en so onodig ! Hoeveel mense se lewe le vannaad inskerwe net omdat n ma nie gekyk het nie Hulle moet die ouers ook anklae vir agterloosigheid Want hoe moet n kind van 3 weet Wat hy nou doen kan bitter gevaarlik wees ? Wat nog te se van 5 jr ?

Erika ·

Waar was die ouers? So hartseer, so onnodig. Mariaan ek stem saam met jou, ‘n kind weet van 3 weet nie dit is verkeerd nie, wat nog te sê van gevaarlik.

Jenny Upshon ·

Erikaa Mariaan en Trudie is almal reg!Eintlik behoort die ouers van nalatigheid/moord aangekla word deur die agtergelatenes.Nie almal is geskik om ouers te wees nie- die’ kinders sou heel moontlik straat kinders in die toekoms geword het……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.