Vier leerlinge steek mekaar met messe by skool

Vier leerlinge van ʼn skool in Kaapstad het mekaar Dinsdag tydens pouse met messe gesteek.

Die Cape Times berig die voorval het by Aloe Junior High in Mitchells Plein plaasgevind. Die leerlinge sterk in die hospitaal aan. Een van hulle is in ʼn ernstige toestand. Drie van die leerlinge is in graad 9 en die ander een in graad 7.

Volgens berigte het die vier leerlinge ʼn uitval gehad. Die rede vir die voorval is nog nie bekend nie en die polisie is besig om die leerlinge te ondervra. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Carel ·

Waar is die dae wat ons mekaar agter die houtwerksentrum gekry het na skool, nou is dit sommer messe!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.