Vier leerlinge sterf in ongeluk

Vier leerlinge is dood en nege beseer nadat die bakkie waarop hulle vervoer is Woensdag in die Oos-Kaap gerol het.

Lt.kol. Mzukisi Fayela, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die ongeluk het in Libode, naby Mthatha, plaasgevind.

“Die bestuurder van die bakkie het 13 leerlinge by die Mabalengwe sekondêre skool gaan oplaai. Dit het gereën. Die bestuurder het na bewering in ʼn draai beheer oor die bakkie verloor, waarna dit gerol het. Twee seuns en twee meisies is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder is ernstig beseer,” het Fatyela gesê.

Die beseerdes is na die Nelson Madela-hospitaal in Mthatha geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.