Vier mans het ernstige brandwonde opgedoen na ʼn beweerde gasontploffing by ʼn fabriek in Alrode Park in die ooste van Johannesburg.
Volgens paramedici van ER24 was brandbestryders en reddingswerkers reeds besig om die brand te blus, wat glo as gevolg van die ontploffing ontstaan het, toe hulle op die toneel opgedaag het. Drie mans het ernstige brandwonde aan hulle gesig, arms, hande en bors opgedoen. ‘n Vierde man het minder ernstige brandwonde opgedoen. Die mans is na Union hospitaal vervoer vir verdere behandleing. Dit is nog nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie, maar volgens die beseerdes het hulle iets wat soos ʼn ontploffing gelyk het gesien voor die brand uitgebreek het. Die voorval word ondersoek.