Vier mans met goud vasgetrek

Vier mans is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat goud in hul besit gevind is.

Kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, sê hulle was Sondag besig met roetine patrolliewerk toe hulle ‘n Volkswagen Golf met vier insittendes afgetrek het, berig IOL. Hulle het die voertuig deursoek en op sowat 1.558 kg goud afgekom. Polela sê die mans, almal tussen 28 en 32 jaar oud, was almal uitlanders en hulle kon nie verduidelik waar hulle die goud gekry het nie. Die mans sal Dinsdag in die landdroshof in Hillbrow verskyn op ‘n klag van die onwettige besit van ongelisensieerde goud. Hul verblyfstatus moet ook met die departement van binnelandse sake nagegaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.