Vier mans met plofstof in Naboomspruit gevang

Vier mans is in Mookgophong (Naboomspruit) in hegtenis geneem vir die besit van plofstof, het die polisie in Limpopo Sondag gesê.

Die vier mans is Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem en hulle het blykbaar beplan om verskeie kluise by groot handelaars in Mookogophong op te blaas, het brigadier Hangwani Mulaudzi gesê. “Die polisie het ʼn wenk ontvang dat vier mans beplan om die kluise op te blaas, met die NTK eerste op die lys,” het Mulaudzi gesê. Die vier mans is glo almal van Gauteng en is by Eerstestraat in hegtenis geneem. Die mans het plofstof in hul besit gehad en die polisie vermoed hulle kan aan ʼn vorige ontploffingsvoorval by die NTK verbind word. Die mans, tussen 25 en 40 jaar oud sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Mookgophong verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.