Vier mans steeds vermis

Foto: NSRI

Die polisie se duikeenheid soek nog na vier mans wat vermis word nadat hul visserboot verlede week by die Keurboomsriviermond naby Plettenbergbaai omgeslaan het.

Jeffrey Wildeman, sy broer Llewellyn, Henry Waits en Roland Figland, is almal in hul 40’s en 50’s en word sedert Donderdag vermis nadat hulle nie ná ʼn visvanguistappie op die Keurboomsrivier teruggekeer het nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het sedert die voorval ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur en reeds op die liggame van Letitia Wildeman (43) en haar seun Luan (8), wat saam die mans op die boot was, afgekom. Die gesin en vriende is almal inwoners van New Horizons in Plettenbergbaai. Die visserboot word ook steeds vermis en die vermoede bestaan dat dit moontlik in die see ingespoel het. Na wat verneem word, het die boot omgeslaan nadat dit ʼn sandbank getref het.

Craig Lambinon, die NSRI se woordvoerder, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê die polisie se duikeenheid het die soektog oorgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.