Vier mense beseer in Vaaldam-bootongeluk

Vier mense is beseer toe hul ski-boot in die vroeë oggendure op die Vaaldam teen ‘n eiland gebots het.

‘n Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, sê die NSRI se vrywilligers is omstreeks 2:00 Saterdagoggend ontbied. Die bestuurder van die boot, van Deneysville in die Vrystaat, het snye en ander ligte beserings opgedoen. Twee vroue van Johannesburg het rugbeserings opgedoen. ‘n Ander vrou het kneusplekke en ander ligte beserings opgedoen. Lambinon sê dit wil voorko of die boot teen ‘n hoë spoed teen die eiland vasgejaag het. Lambinon sê daar sal later bepaal word hoe ernstig die boot tydens die voorval beskadig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.