Vier mense in kar doodgeskiet

Vier mense is Maandag in ‘n motor in Midrand, Johannesburg, doodgeskiet en ‘n vyfde persoon is gewond, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.

“Al die slagoffers het in ‘n Toyota Tazz gery wat die skieter bestuur het,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die voorval het Maandag in die vroeë oggendure op die hoek van Jupiter- en Whiskenweg in Crowthorne plaasgevind.”

Volgens Dlamini het die verdagte glo met een van die passasiers begin stry en hom doodgeskiet. Hy het ook losgebrand op ‘n man en twee vroue in die motor losgebrand. “Die slagoffers is tussen 16 en 30 jaar oud. ‘n 30-jarige vrou is gewond.” Volgens die polisie was die persone glo oppad terug van ‘n partytjie in Olievenhoutbosch.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

Partyjie – alkohol – vroee oggendure – stryert – humeur – moord !

Trippie ·

MW: stryery

Wie moet ons kontak om die “korrigeer” funksie vir ons op die forums in werking te stel ? Die bestuurder of die redakteur ?

Seg Net ·

Trip kontak Susan Die Bestuurder met voorstelle. Soos ek jou geseg het sy seg dat hulle geen voorstelle of klagtes ontvang nie en dus aanneem dat alles in orde is en dat die lesers tevrede is. Sy het ook geseg dat voorstelle baie welkom is en dat indien hulle genoeg ontvang om iets te verander hulle dit op hulle lys van toekomstige verbeterings opsit. Hierdie is ‘n groot probleem veral as mens soos ek spel.

Trippie ·

Hallo Seg, ek gaan dit dadelik doen. Dalk dit aan ander forumgebruikers ook voorstel om ons voorbeeld te volg ?

Die spelling pla my nie, myne was ‘n vinger-fout. “T” en “Y” direk langs mekaar op sleutelbord. Gebeur gereeld op my selfoon ook.

Seg Net ·

Jy is gelukkig, my spelling is om die minste te seg beroerd. Amper soos een vriend op Praag. Glen Gerber. Dit is iets om te sien.

Trippie ·

Ek het gesien … maar soos ek se, meeste van ons het net Afrikaans tot matriek gehad. Voel nie sleg, vandag se kinders kan geensins spel nie.

Kaspaas Breekwater ·

Sien nou eers jou spelling Trippie . Lol !! Soos jy hierbo spel lyk dit of jy ook op die partytjie was. ( Spot net :) )

Trippie ·

Lekker lag ek nou, dit MOET my 5-Rose tee wees, elmboog te hoog gelig !

Geseende nagrus vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.