Vier mense in Kew, JHB, doodgeskiet

Vier mense is Maandagaand in Kew, naby Marlboro-afrit in Johannesburg doodgeskiet.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie in Gauteng, sê vyf mense het hulself by ‘n vuur probeer warm maak in die Mimosa informele nederseting toe twee gewapende mans ingestorm en op hulle begin skiet het. Vier mense is dood en ‘n vyfde is beseer, berig News24. Inwoners wat die skote gehoor het, het die polisie ontbied.

Die beseerde man is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.

Mogale sê die motief vir die moord is nog nie bekend nie, aangesien niks by die slagoffers gesteel is nie. Die slagoffers se naasbestaandes is nog nie ingelig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.