Vier met ‘verlof’ weens seksuele teistering

Wits

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het vier van sy personeellede op spesiale verlof geplaas ná bewerings van seksuele teistering teen hulle aangangig gemaak is.

“Die ondersoek is van stapel gestuur en word deur ‘n eksterne regsfirma, Bowman Gilfillan, hanteer,” het Loyiso Nongxa, vise-kansellier en hoof, in ‘n verklaring gesê. Hy sê enigiemand wat ‘n bydrae wil lewer tot die spesifieke ondersoek, of enige ander klag wil indien wat verband hou met seksuele teistering deur personeellede, kan direk met Bowman Gilfillan in verbinding tree.

Die ondersoek sal na verwagting binne die volgende maand afgehandel word. ‘n Afsonderlike ondersoek oor seksuele teistering op die kampus sal in Augustus afgehandel word. “Hierdie ondersoek word gelei deur prof. Bonita Meyersfeld, hoof van die sentrum van toegepaste regstudies, en Joe Mothibi van ‘n eksterne regsfirma,” het Nongxa gesê. “Hierdie onafhanklik ondersoek sal bestaande beleide en prosedures nagaan sodat dit voorvalle van seksuele teistering by die universiteit kan verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.