Vier polisiebeamptes is dood nadat hulle motor glo deur vloedwater meegesleur is in die Oos-Kaap.
AlgoaFM berig dat die polisiebeamptes glo ʼn rivier in die Nqushwa-munisipaliteit wou oorsteek toe hulle motor meegesleur is. Mlibo Qoboshiyane, LUR vir plaaslike regering, sê reddingswerkers van die plaaslike brandbestrydingseenheid is na die toneel ontbied maar kon nie daarin slaag om die beamptes te red nie. Geen verdere inligting is in die stadium bekend nie. Volgens die radiostasie is vier mense verlede week ook in die provinsie dood weens die gure weer.
Lees meer hier.