Vier polisiebeamptes vas ná man sterf

SAPD

JONGSTE: Moses Dlamini, woordvoerder vir die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het intussen bevestig dat die konstabels nie van Mpumalanga is nie, maar wel van Gauteng. Die berig word só gewysig.

Vier polisiebeamptes van Gauteng is in hegtenis geneem nadat ʼn man, wat hulle vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem het, oorlede is.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die oorledene is op 25 Desember deur die polisiebeamptes in hegtenis geneem. “Die beamptes beweer dat die man sy arrestasie teengesit het, maar dat hulle uiteindelik daarin kon slaag om hom in hegtenis te neem en agter in ʼn vangwa te laai.”

Dlamini sê die beamptes het die man na ʼn polisiestasie vervoer om papierwerk te voltooi waarna hulle hom later na ʼn plaaslike geneesheer gevat het om bloed te trek. “Die beamptes beweer dat, terwyl hulle die man na die dokter vervoer het, hy die deur van die vangwa geskop het en homself beseer het. Hulle beweer verder dat die man uit die vangwa gespring en verdere beserings opgedoen het met hul terugkeer na die polisiestasie.”

Dlamini sê paramedici is na die polisiestasie ontbied en die man is op die toneel dood verklaar. Hy het verskeie beserings opgedoen. Die vier konstabels sal na verwagting Maandag in die Ekangala-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Nog ‘n geval waar SAPD-lede reg in eie hande geneem het. 4 “Nugter” lede teen 1 besopene. SKANDALIG.

Babs ·

Het al 4 beamptes voor in die vangwa gesit en was die besope persoon alleen agter in die voertuig? Klink meer of de ou hardhandig uit die vangwa gehelp is.

Marlene Oosthuizen ·

Ja dit is die polisiemanne se weergawe van wat gebeur het. Wonder wat die ware weergawe is. As hy uit die vangwa gespring het terwyl dit stil gestaan het kon dit definitief nie sy dood veroorsaak het nie. Al een wat weet wat regtig gebeur het is nou dood en so kom hulle met moord weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.