Vier polisiebeamptes vas vir Roodepoort-skietery

SAPDVier polisiebeamptes is Vrydagoggend in hegtenis geneem weens ʼn skietvoorval Donderdag in Roodepoort waartydens ʼn betoger gesterf het.

“Na deeglike ondersoek oor die voorval, is daar besluit daar is genoeg bewyse om die beampte, wat die skote gevuur het, in hegtenis te neem en van moord en dwarsboming van die gereg aan te kla,” het brig. Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“Die ander drie beamptes gaan van dwarsboming van die gereg aangekla word. Die vier beamptes is tussen 33 en 49 jaar oud.”

Volgens Malila beskou lt.genl. Lesetja Mothiba, die provinsiale kommissaris, die skietery in ʼn baie ernstige lig.

Die vier beamptes moet binnekort in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Maroela Media het Donderdag berig die betoger is geskiet kort nadat inwoners van die Durban Deep informele nedersetting, wat oor behuising betoog het, die oggend paaie in die gebied met brandende bande en klippe versper het. Lees meer hier.

Intussen is die slagoffer geïdentifiseer as Tshepo Babuseng (28).

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.