Vier polisiehoë’s knoei glo misdaadstatistiek

Vier top polisiebevelvoerders het in die hof verskyn vir die beweerde manipulering van misdaadstatistiek in Tzaneen.

Die Sowetan berig dat brig. Naledzani Julia Sivhula (48), kapt. Matome Jonathan Matsapola (51), brig. Nelson Mulaudzi (50) en lt. kol. Mahlodi William Ramokgobedi (49) Donderdag vlugtig in die Polokwane landdroshof verskyn het. Die vier bevelvoerders is aangekla van regsverydeling en sal weer op 20 Januarie in die hof verskyn. Dit kom na ʼn maandelange ondersoek waar daar bevind is dat die vier beskuldigdes glo misdaadstatistiek gemanipuleer het om dit te laat lyk of misdaad aan die afneem is in hulle onderskeie areas. Daar is onder meer bevind dat moordsake gewysig is en as ʼn geregtelike doodsondersoek aangedui is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.