Vier renosters in Oos-Kaap gestroop

Die vier renosters wat vir hul horings doodgemaak is. Foto: Lalibela Game Reserve/Facebook

Vier renosters is vir hulle horings doodgemaak by die Lalibela-wildreservaat in die Oos-Kaap.

Die renosters se karkasse is vanoggend by die reservaat, tussen Port Elizabeth en Grahamstad, gevind. Hulle is na verwagting Dinsdagaand doodgemaak. Vernon Wait, bemarkingsdirekteur van Lalibela, sê ʼn 28-jarige koei, ʼn dragtige koei en twee bulle is doodgemaak en van hul horings gestroop. Wait sê die renosters is moontlik vergiftig voor hulle horings verwyder is. Hy sê die metode wat deur die stropers gebruik is, was baie “professioneel” aangesien dit nie lyk of die horings met ʼn panga of byl afgekap is nie maar “klinies” verwyder is. Die polisie ondersoek die voorval. Agt renosters, waaronder ’n dragtige koei, is die naweek in die noorde van KwaZulu-Natal vir hul horings doodgemaak.

Volgens die departement van omgewingsake is daar teen 21 September vanjaar reeds 388 renosters vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.